Spreuke 22:18-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. want dit is lekker as jy dit ingeneem heten enige tyd kan weergee.

19. Ek onderrig juis vir jóú vandagsodat jy op die Here kan vertrou.

20. Ek skryf vir jou belangrike voorskrifte neerom jou leiding te gee en die nodige kennis,

21. sodat jy die waarheid sal herken, die woorde waarop jy kan vertrou,en 'n betroubare verslag kan gee as iemand jou stuur.

22. Moenie 'n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie;moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie.

23. Die Here sal hulle saak behartigen dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof.

24. Moenie maats maak met 'n opvlieënde mens nie,moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie:

25. dalk leer jy sy maniere aanen beland jy in lewensgevaar.

Spreuke 22