Spreuke 22:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die lui mens sê: “Daar is 'n leeu daarbuite!Ek kan doodgemaak word as ek dit buite waag!”

14. Die uitnodiging uit die mond van 'n slegte vrou is 'n diep afgrond;jy val daarin as die Here jou vervloek het.

15. Onverstandigheid is eie aan 'n jongmens,maar 'n pak slae haal dit uit hom uit.

16. Wie arm mense uitbuit, verryk homself;wie aan ryk mense geskenke gee, word self arm.

17. Luister goed, luister wat die wyse mense sê;probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet,

18. want dit is lekker as jy dit ingeneem heten enige tyd kan weergee.

19. Ek onderrig juis vir jóú vandagsodat jy op die Here kan vertrou.

Spreuke 22