6. In die huis van die regverdige is daar groot rykdom;die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel.
7. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê;dwase het verdraaide opvattings.
8. Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses,maar Hy aanvaar die gebede van opregtes.
9. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses;maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.
10. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word;wie teregwysing haat, sal sterf.