Spreuke 11:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie;net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

2. Selfverheffing bring vernedering;wie nederig is, het wysheid.

3. Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

Spreuke 11