Spreuke 10:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Die mens met verstand aanvaar bevele.Wie aanhou onsin praat, kom tot 'n val.

9. Wie opreg leef, leef sonder vrees;wie krom paaie loop, word uitgevind.

10. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart;en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val.

11. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

12. Haat verwek twis;liefde bedek alles wat aanstoot gee.

13. Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.

14. Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

Spreuke 10