Spreuke 1:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. sy roep bo die rumoer uit,by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het:

22. “Julle onkundiges,hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde,gaan die grootpraters hulle pratery genieten die swape 'n afkeer hê van kennis?

23. As julle luister na my teregwysing,gee ek julle my wysheid in oorvloeden leer ek julle my woorde begryp.

24. “Ek het geroep en julle wou nie luister nie,ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie.

25. Julle het my raad alles in die wind geslaan,julle wou julle nie laat teregwys nie.

26. Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref,ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval,

Spreuke 1