Sefanja 3:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ek het nasies uitgeroei,hulle vestings is vernietig.Ek het hulle paaie verlate gemaak,sonder iemand wat daar loop.Hulle stede is verwoes, daar is niemand nie,nie een inwoner nie.

7. Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hêen hom laat teregwys,sodat sy woonplek nie vernietig worden al my straf hom tref nie.Maar hy het gretig bly sondigmet alles wat hy doen.

8. Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here,wag vir die dag wanneer Ek opstaan en my buit kom vat.Ek het besluit om nasies bymekaar te maak,koninkryke saam te roepen op hulle my gramskap uit te stort,die volle gloed van my toorn:die hele aarde sal verteer wordin die vuur van my woede.

9. Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak,sodat hulle almal My sal aanroepen soos een man My sal dien.

10. Van anderkant die riviere van Kus afsal dié wat My vereer, my verstrooide volk,vir My geskenke bring.

11. Daardie dag sal jy nie meer rede hê om jou te skaamdat jy opstandig teen My was met alles wat jy gedoen het nie,want Ek gaan uit jou uithaaldié wat hulle so verheug het in jou hovaardigheid;jy sal nie meer vol hoogmoed weesdaar op my heilige berg nie.

12. Ek sal in jou laat oorbly net diéwat nederig en ootmoedig isen vertrou op die Naam van die Here.

13. Dié wat van Israel oorgebly het,sal nie onreg doen nieen nie lieg nie;daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie.Hulle sal 'n kudde wees wat wei en gaan lê en russonder dat iemand hulle skrikmaak.

14. Sing, Sion! Juig, Israel!Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem!

Sefanja 3