14. Kuddes vee sal daar lê en herkou,allerlei troppe diere.Pelikane en uile sal op die stad se mooi pilare slaap,die wind sal deur die vensters huil.Die verwoesting sal selfs die drumpels tref,want die sederhout sal afgestroop word.
15. Dit is wat sal word van die uitgelate stadwat so onbesorg daar lê,wat dink: daar is nie nog 'n stad soos ek nie.Hy gaan verwoes word, 'n lêplek vir diere.Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasingen sy hande saamslaan.