1. In die vierde regeringsjaar van koning Darius het die woord van die Here tot Sagaria gekom. Dit was op die vierde Kislef, die negende maand.
2. Die mense van Bet-El het vir Sar-Eser en vir Regem-Melek met sy manne gestuur om die Here te raadpleeg.
3. Hulle moes vir die priesters by die huis van die Here die Almagtige en vir die profete vra: “Moet ons nog in die vyfde maand huil en vas soos ons nou al jare lank doen?”