Rut 1:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Toe sy verneem dat die Here vir sy volk uitkoms gebring het deur vir hulle 'n goeie oes te gee, het sy en haar skoondogters klaargemaak om van Moab af terug te gaan.

7. Sy en haar skoondogters het saam vertrek uit die plek waar hulle gebly het, op pad na Juda toe.

8. Toe sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan na julle ouerhuise toe. Mag die Here sy liefde aan julle bewys, soos julle aan die oorledenes en aan my liefde bewys het.

9. Mag die Here vir julle elkeen weer 'n goeie man en 'n heenkome gee.”Toe sy van hulle wou afskeid neem, het hulle begin huil

10. en vir haar gesê: “Nee, ons wil met Ma saamgaan na Ma se volk toe.”

Rut 1