14. Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie!
15. Vir Moses het Hy gesê:“Ek sal barmhartig weesoor wie Ek barmhartig wil wees,en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.”
16. Dit hang dus nie af van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.
17. In die Skrif sê God immers vir die farao: “Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word.”
18. Dit is dus inderdaad so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil, en dat Hy verhard wie Hy wil.