Romeine 12:7-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee.

8. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.

9. Die liefde moet opreg wees.Verafsku wat sleg isen hou vas aan wat goed is.

10. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar;bewys eerbied teenoor mekaaren wees mekaar daarin tot voorbeeld.

11. Moenie in julle toewyding verslap nie,bly altyd geesdriftig,dien die Here.

12. Verbly julle in die hoop;staan vas in verdrukking;volhard in gebed.

13. Help die medegelowigesin hulle nooden lê julle toe op gasvryheid.

14. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,moet hulle nie vervloek nie.

15. Wees bly saam met dié wat bly isen treur saam met dié wat treur.

16. Wees eensgesind onder mekaar.Moenie hooghartig wees nie,maar skaar julle by die nederiges.Moenie eiewys wees nie.

17. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.Wees goedgesind teenoor alle mense.

Romeine 12