Romeine 12:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Wees bly saam met dié wat bly isen treur saam met dié wat treur.

16. Wees eensgesind onder mekaar.Moenie hooghartig wees nie,maar skaar julle by die nederiges.Moenie eiewys wees nie.

17. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.Wees goedgesind teenoor alle mense.

18. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang,leef in vrede met alle mense.

19. Moenie self wraak neem nie, geliefdes,maar laat dit oor aan die oordeel van God.Daar staan immers geskrywe:“Dit is mý reg om te straf;Ék sal vergeld,”sê die Here.

Romeine 12