3. God het die leiers van die Midianiete, Oreb en Seëb, in julle mag oorgegee. Ek was nie in staat om te doen wat julle gedoen het nie.”Eers tóé het hulle bui gesak.
4. Daarna het Gideon by die Jordaan gekom en dit oorgesteek met die drie honderd man by hom. Hulle was moeg, maar hulle het aangehou om die vyand te agtervolg.
5. Toe sê Gideon vir die mense van Sukkot: “Gee tog brood vir die manne wat by my is. Hulle is moeg en ek is besig om die Midianitiese konings Sebag en Salmunna te agtervolg.”