Rigters 5:15-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. die leiers uit Issaskar was by Debora.Issaskar was soos Barak,in die laagte was Issaskar by Barak.“By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.

16. Waarom het jy by die saalsakke bly sit,bly luister na die fluitspel by die veetroppe?By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.

17. Gilead het oorkant die Jordaan bly sit,en waarom het Dan by die skepe gebly?Aser het by die seestrand bly sit,nie van sy kaai af geroer nie.

18. Sebulon was nie bang vir die dood nieen Naftali het die dood getrotseer op die hoogland.

19. “Konings het gekom, hulle het geveg,die konings van Kanaän het gevegby Taänak, by Megiddo se waters,maar hulle het nie silwer buitgemaak nie.

20. Uit die hemel het die sterre geveg,uit hulle bane het hulle teen Sisera geveg.

21. Die Kisonrivier het die vyand meegesleur,die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd.“Hou moed! Wees sterk!

22. “Die perde het met hulle hoewe gekap,die sterkes het in jaaggalop voortgestorm.

23. “Die Engel van die Here het gesê:‘Julle moet vir Meros vervloek,julle moet sy inwoners sonder genade vervloek,want hulle het nie vir die Here kom veg nie,nie vir Hom teen die dapper vegters kom veg nie.’

24. “Geseënd is Jael vrou van Geber die Keniet,meer geseënd as al die vrouens,die vrouens wat in tente woon.

25. Sisera het water gevra, sy het hom melk gegee,in 'n koningsbeker het sy vir hom dikmelk gegee.

26. In haar hand het sy die tentpen vasgevat,in haar regterhand die werksman se hamer.Sy het vir Sisera daarmee getref, sy kop papgeslaan,sy het die slaap van sy kop verbrysel,dit deurboor.

Rigters 5