Rigters 4:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Na Ehud se dood het die Israeliete weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.

2. Die Here het hulle oorgegee in die mag van koning Jabin van Kanaän wat in Hasor geregeer het. Sisera uit Garoset-Gojim was die hoof van Jabin se weermag.

3. Hy het nege honderd ysterstrydwaens gehad en hy het die Israeliete twintig jaar lank verdruk.Daarom het hulle tot die Here geroep om hulp.

4. In daardie tyd was Debora, die vrou van Lappidot, die leier van die Israeliete. Sy was 'n profetes.

5. Sy het altyd onder die Deborapalm in die Efraimsberge tussen Rama en Bet-El gesit, en die Israeliete het daarheen gekom sodat sy hulle geskille kon bylê.

Rigters 4