Rigters 2:19-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Maar na die leier se dood het hulle nog erger as hulle voorvaders gehandel en ander gode aangehang en gedien en aanbid. Hulle het nie hulle verkeerde dade en hulle hardkoppigheid laat vaar nie.

20. Dan het die Here kwaad geword vir die Israeliete en gesê: “Omdat hierdie volk hulle nie steur aan die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het en My nie gehoorsaam nie,

21. sal Ek uit die nasies wat nie deur Josua voor sy dood oorwin is nie, nie verder 'n enkele mens verdryf om vir die Israeliete plek te maak nie.

22. Ek wil hulle met hierdie nasies op die proef stel om te sien of die Israeliete so gehoorsaam sal wees aan my wil soos hulle voorvaders en daarvolgens sal lewe of nie.”

23. Daarom het die Here hierdie nasies met rus gelaat en hulle nie dadelik verslaan en in Josua se mag oorgegee nie.

Rigters 2