27. Die mense van Dan het die beelde gevat wat Miga gemaak het, en ook sy priester, en na Lajis toe gegaan, na die volk wat sonder agterdog en houtgerus woon, en hulle doodgemaak en hulle stad verbrand.
28. Niemand kon hulle red nie, want hulle was ver van Sidon af en nie binne bereik van ander mense nie. Die stad was geleë in die laagte by Bet-Regob.Die mense van Dan het die stad herbou en daarin gaan woon.
29. Hulle het die stad Dan genoem, na hulle stamvader Dan wat vir Israel gebore is. Die stad is vroeër Lajis genoem.