Psalms 96:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Vertel die nasies van sy mag,al die volke van sy magtige dade.

4. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe,ontsagwekkend is Hy bo alle gode.

5. Al die gode van die volke is niks:dit is die Here wat die hemele gemaak het.

6. Majesteit en luister straal van Hom uit,krag en glans vul sy heiligdom.

7. Prys die Here, alle volke,prys die Here om sy eer en mag!

8. Prys die Here om die eer van sy Naam!Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!

Psalms 96