Psalms 94:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. As die Here my nie gehelp het nie,was die stilte van die graf seker al my tuiste!

18. Toe ek gedink het my voete gly,het u troue liefde my regop gehou, Here.

19. Toe ek met baie onrus in my binneste sit,het u vertroosting my tot rus gebring.

20. U duld geen korrupsie in die regspraak nie,geen mens wat, teen u gebod in, ellende veroorsaak nie.

21. Hulle span saam teen die regverdige,hulle veroordeel onskuldige mense tot die dood.

Psalms 94