Psalms 90:11-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars?Wie ken u gramskap beter?

12. Leer ons ons dae so gebruikdat ons wysheid bekom.

13. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom?Ontferm U tog oor ons.

14. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed,dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.

15. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het,soveel jare as dié waarin ons gely het,gee ons soveel jare van blydskap.

16. Laat u werk vir ons duidelik worden u grootheid vir ons kinders.

17. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe:hou die werk van ons hande in stand,ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.

Psalms 90