Psalms 83:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Maak met hulle soos met die Midianiete,soos met Sisera,soos met Jabin by Kisonspruit.

11. Hulle is by En-Dor vernietigen hulle lyke het daar op die grond gelê en vergaan.

12. Maak met hulle leiers soos met Oreb en Seëb,met elkeen van hulle aanvoerders soos met Seba en Salmunna,

13. wat gesê het:“Kom ons vat die weivelde van God vir ons.”

Psalms 83