1. Vir die koorleier: met musiek. Van Asaf.
2. Jubel tot eer van God ons sterkte,juig tot eer van die God van Jakob!
3. Sing, en slaan die tamboeryn,laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp.
4. Blaas die ramshoring op nuwemaan,met volmaan, op ons feesdag,
5. want dit is 'n instelling vir Israel,'n verordening van die God van Jakob.