Psalms 80:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Hou in stand wat U met u eie hand geplant het,die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het!

17. Laat dié wat hom soos onkruid verbrand het,deur u oordeel te gronde gaan.

18. Hou u hand oor die mense wat deur U uitgekies is,oor die volk wat U vir U grootgemaak het.

19. Dan sal ons nie weer van U af wegdraai nie.Hou ons aan die lewe, dan sal ons u Naam aanroep!

20. Here, almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan,verskyn tog tot ons redding!

Psalms 80