Psalms 78:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Gedig van Asaf.Luister na wat ek jou leer, my volk,luister aandagtig na wat ek sê.

2. Ek gaan 'n gedig voordra,ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede.

3. Wat ons gehoor het en wat ons weet,wat ons vaders ons vertel het,

4. sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.Ons sal aan die volgende geslag vertelvan die roemryke dade van die Here en van sy mag,van die wonderdade wat Hy gedoen het.

Psalms 78