Psalms 68:2-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar,en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.

3. Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg;soos was in vuur smelt,so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn.

4. Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees,hulle sal juig voor God,hulle sal vrolik en bly wees.

5. Sing 'n lied tot eer van God,sing tot eer van sy Naam,maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry,en jubel voor Hom wie se Naam Here is.

6. 'n Vader vir weeskindersen 'n beskermer van die reg van weduweesis God in sy heilige woning.

7. God laat eensames in 'n huisgesin woonen lei gevangenes uit na vryheid,maar wie teen God in opstand is,woon in 'n kaal woestyn.

8. Toe U u volk uitgelei het, o God,toe U deur die woestyn gestap het, Sela

9. het die aarde gebeween het die hemel dit laat reën voor U uit,daar by Sinai, voor God, die God van Israel.

10. U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God,U het u verdorde land weer lewe gegee.

11. U eie volk het daar gaan woon.In u goedheid, o God, het U dit vir u hulpelose volk bestem.

12. Die Here het bekend gemaak:“Daar is goeie nuus:'n groot leër,

15. Dit het gesneeu op Salmonsbergtoe die Almagtige die konings daar uitmekaargejaag het.

16. Basansberg, ontsaglike berg,Basansberg, berg met hoë kruine,

17. waarom, berg met jou hoë kruine,kyk jy met afgunsna die berg wat God as sy woning verkies het,waar die Here vir ewig woon?

18. Die skitterende strydwaens van God was duisende,duisende der duisende,toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.

19. U het krygsgevangenes weggevoer,mense het vir U geskenke gebring,selfs dié wat teen U in opstand was.Toe het U opgegaan na die hoogteom daar te woon, Here God!

Psalms 68