Psalms 66:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. wat ewig heers deur sy magen die nasies in die oog hou.Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! Sela

8. Prys ons God, alle volke,laat sy lof weerklink!

9. Dit is Hy wat ons die lewe geeen nie toelaat dat ons struikel nie!

10. U het ons beproef, o God,ons gelouter soos silwer;

11. U het ons in 'n net gevang,'n swaar las op ons gelê;

Psalms 66