Psalms 66:11-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. U het ons in 'n net gevang,'n swaar las op ons gelê;

12. U het ons deur mense laat vertrap,ons het deur vuur en water gegaan;maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.

13. Ek sal u huis betree met brandoffersen aan U die geloftes betaal

14. wat ek gedoen het, wat ek afgelê hettoe ek in nood was.

15. Ek bring vir U vet skape as brandoffers,ramme as wierookoffers,ek offer beeste en bokke. Sela

16. Kom luister, alle dienaars van God,ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:

Psalms 66