Psalms 49:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dooden aan God 'n losprys vir hom betaal nie?

9. Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog.Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees

10. dat hy vir altyd sal leween die dood nooit sal smaak nie.

11. Elkeen sien dit tog:wyse mense sterwe net soos dwase en sotte,en laat hulle besittings aan ander na.

12. Die graf is vir altyd hulle tuiste;van geslag tot geslag is dit hulle woonplek,al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.

13. Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.

14. Dit is die lot ook van mense wat op hulleself vertrou,die uiteinde van dié wat ingenome is met hulleself. Sela

Psalms 49