34. Vertrou op die Here en bly op sy weë;Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit,en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
35. Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mensgeil opskiet soos 'n plant,
36. en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie;ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.
37. Maar let nou op die eerbare mens,kyk na die opregte:die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms.
38. Dié wat hulle teen die Here verset,word voor die voet uitgewis,die toekoms van die goddeloses word afgesny,
39. maar die regverdiges word deur die Here gered.Hy is hulle toevlug in tyd van nood.