Psalms 36:4-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. As hy praat, is dit kwaadwillig en vals;verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie.

5. Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit;hy bly op 'n pad wat nie reg is nie;wat sleg is, verwerp hy nie.

6. Here, u liefde reik tot in die hemel,u trou tot in die wolke,

7. u geregtigheid tot op die hoogste berge,die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see.U sorg vir mens en dier, o Here.

8. Hoe kosbaar is u trou, o God!U beskerm die mense wat by U skuil.

9. In u huis geniet hulle oorvloed,U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

10. U is die bron van die lewe,deur u lig lewe ons.

11. Laat u liefde bly by dié wat U erkenen u trou by dié wat opreg is.

12. Laat my nie onder die voete van eiegeregtige mense beland nie,moenie dat goddeloses my hier wegdryf nie!

Psalms 36