1. Jubel in die Here, regverdiges,sing 'n loflied, opregtes!
2. Loof die Here met die lier,speel vir Hom op die harp!
3. Sing vir Hom 'n nuwe lied,speel met volle oorgawe, jubel dit uit!
4. Wat die Here sê, gebeur,alles wat Hy doen, staan vas.
5. Hy het geregtigheid en reg lief,die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde.