Psalms 20:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood,mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.

3. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom,u bystaan uit Sion.

4. Mag Hy al u graanoffers onthouen u brandoffers aanneemlik vind. Sela

5. Mag Hy u gee wat u hart begeeren al u voornemens laat geluk.

6. Ons sal juig oor u oorwinningen in die Naam van ons God die vaandels ontplooi.Mag die Here alles gee wat u vra.

7. Dit weet ek:die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee!Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed;die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning.

Psalms 20