Psalms 145:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Loflied van Dawid.Ek wil u lof verkondig,my God en Koning,ek wil u Naam altyd loof.

2. Elke dag wil ek U loof,ek wil u Naam altyd prys.

3. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe,sy grootheid is ondeurgrondelik.

4. Geslag na geslag prys wat U doenen vertel van u magtige dade,

5. van die luister, die heerlikheid van u majesteit.Ek wil getuig van u magtige dade,

Psalms 145