Psalms 144:4-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. 'n Mens, hoe verganklik is hy tog:sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.

5. Buig u hemele, Here, en daal neer,raak die berge aan dat hulle rook!

6. Laat die weerligstrale blits en jaag die vyande uitmekaar,stuur u pyle en jaag hulle op loop!

7. Strek u hand van bo af uit,bevry my, red my uit die geweldige waters,uit die mag van vreemdelinge

8. wie se woorde en dade leuens en bedrog is.

9. Ek wil tot u eer 'n nuwe lied sing, o God,tot u eer wil ek sing met begeleiding van die lier,

10. U wat aan konings die oorwinning skenk,wat u dienaar Dawid red.

11. Red my van die swaard wat my bedreig,bevry my uit die mag van vreemdelingewie se woorde en dade leuens en bedrog is.

12. Mag ons seuns wees soos plantewat hoog groei in hulle jeug,ons dogters soos hoekpilare,uitgebeitel soos vir 'n paleis.

Psalms 144