Psalms 135:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy het die eerstelinge in Egipte getref,mense sowel as diere;

9. Hy het oor jou, Egipte, groot en skrikwekkende dinge gebring,oor die farao en al sy amptenare;

10. Hy het baie nasies verslaanen magtige konings laat sneuwel:

11. koning Sihon van die Amoriete,koning Og van Basan,en al die konings in Kanaän.

12. Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee,as geskenk aan sy volk.

13. Here, U is altyd daar,U is daar van geslag tot geslag.

14. Die Here behartig die regsaak van sy volk:Hy ontferm Hom oor sy dienaars.

15. Wat die nasies het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande;

Psalms 135