Psalms 132:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die Here het 'n eed teenoor Dawid afgelê,en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie:“Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word.

12. As jou nakomelinge hulle aan my verbond houen aan die verordeninge wat Ek hulle leer,sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.”

13. Ja, die Here het Sion gekiesen dit vir Hom as woning begeer:

14. “Dit is my rusplek vir altyd;hier wil Ek woon, dit is my begeerte.

Psalms 132