Psalms 13:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2. Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?Vir altyd?Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?

3. Hoe lank moet ek nog my eie planne maaken my dae met kommer deurbring?Hoe lank sal die vyand my nog oorheers?

4. Luister tog en antwoord my, Here my God!Gee my tog nuwe lewenskrag.Ek wil nie sterwe nie,

5. anders sê my vyand hy het my oorwinen juig my verdrukkers oor my ondergang.

Psalms 13