Psalms 124:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. as die Here ons nie gehelp hettoe mense ons aangeval het nie,

3. dan het hulle ons lewendig verslindtoe hulle woede teen ons ontvlam het;

4. dan het die waters ons weggespoelen die vloed ons oorweldig;

5. dan het die skuimende waters ons oorweldig.

6. Aan die Here kom die lof toe:Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.

7. Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger;die wip het gebreek en ons was vry!

8. Ons hulp kom van die Herewat hemel en aarde gemaak het.

Psalms 124