Psalms 124:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Pelgrimslied. Van Dawid.As die Here ons nie gehelp het nie,dit moet Israel bely,

2. as die Here ons nie gehelp hettoe mense ons aangeval het nie,

3. dan het hulle ons lewendig verslindtoe hulle woede teen ons ontvlam het;

4. dan het die waters ons weggespoelen die vloed ons oorweldig;

5. dan het die skuimende waters ons oorweldig.

6. Aan die Here kom die lof toe:Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.

Psalms 124