Psalms 12:3-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die mense bedrieg mekaar;hulle mislei mekaar met vleitaal.

4. Die Here sal al die vleitaal uitroeien die grootpratery van die mense

5. wat sê:“In ons tong lê ons krag.Ons lippe help ons.Ons buig vir niemand nie.”

6. Maar die Here sê:“Die swakkes word mishandelen die armes kla.Daarom gryp Ek nou inen gee uitkoms aan dié wat daarna smag.”

7. Daar is niks vals in wat die Here sê nie.Sy woorde is soos silwerwat oor en oor in 'n oond gesuiwer is.

8. U, Here, hou oor ons wag.U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm,

9. selfs al pronk goddeloses nog ronden al heers die gemeenheid nog tussen die mense.

Psalms 12