Psalms 119:28-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Ek kwyn weg van kommer,skenk my krag soos U in u woord beloof het.

29. Hou valsheid ver van my af,wees my genadig, leer my u wet.

30. Ek kies die betroubare pad,ek lewe volgens u bepalings.

31. Ek hou vas aan u verordeninge, Here,moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie.

32. Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam,want U verryk my lewe.

33. Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer,sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.

34. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaamen dit met my hele hart kan onderhou.

35. Laat my wandel volgens u gebooie,want daarin vind ek vreugde.

36. U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê,nie die begeerte om myself te verryk nie.

Psalms 119