Psalms 116:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. My geloftes aan die Here sal ek betaalin die teenwoordigheid van sy hele volk.

15. Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.

16. Ek is u dienaar, Here,van my geboorte af is ek al u dienaar:U het my vry gemaak.

17. Ek wil U loof met 'n dankoffer,ek wil die Naam van die Here aanroep.

18. My geloftes aan die Here sal ek betaalin die teenwoordigheid van sy hele volk,

19. in die voorhowe van die huis van die Here,binne-in jou, Jerusalem!Prys die Here!

Psalms 116