Psalms 109:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Mag die Here die ongeregtigheid van sy voorvaders nie vergeet nie,mag die sonde van sy moeder nooit uitgewis word nie!

15. Laat dit voortdurend vir die Here bly bestaan,maar laat hulle naam van die aarde af gevee word

16. omdat hy nie daaraan gedink het om liefde te bewys nie:hy het die mens in nood en die arme,dié wat plat geslaan is, tot die dood toe vervolg.

17. Hy het graag vervloek, laat die vloek hóm tref!Hy het nie graag geseën nie, laat seën ver van hóm af wees!

18. Om mense te vervloek, is vir hom soos klere dra,soos water drink,soos lyfolie aansmeer.

Psalms 109