Psalms 102:19-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Laat dit opgeteken word vir die geslag wat kom,sodat die nuut geskape volk die Here kan loof.

20. Hy het uit sy heilige woning na onder gekyken uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur,

21. die gekerm van die gevangenes gehooren dié wat naby die dood was, bevry.

22. Hulle sal die Naam van die Here in Sion besingen sy lof in Jerusalem

23. wanneer die volke en die koninkryke bymekaarkomom die Here te dien.

24. Hy het my krag gebreek toe ek nog jonk was,Hy het my lewe verkort.

25. Ek sê: “My God, moet my nie in die fleur van my lewe wegneem nie!U is daar deur die geslagte heen.

26. In die voortyd al het U die aarde gevestigen die hemele met u eie hande gemaak.

Psalms 102