1. Wie het werklik wysheid?Wie kan verklaar wat gebeur?Wysheid maak 'n mens vriendelik,dit verander 'n strak gesig.
2. Wat my betref: Gehoorsaam die bevel van die koning op grond van die eed van getrouheid voor God.
3. Moenie voortvarend wees nie, moenie by 'n swak saak staan nie, gee liewer pad voor die koning, want hy doen wat hy goed vind.
4. Sy woord is wet; wie kan van hom rekenskap eis?
5. Wie 'n bevel gehoorsaam, beland nie in die moeilikheid nie. Wie wysheid het, weet wanneer en hoe hy moet handel.
6. Elke ding het sy tyd en sy manier. Daar is baie gevare wat die mens bedreig.
7. Hy weet nie wat sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê hoe dit sal wees?