8. Maar dit is tot voordeel van 'n land in sy geheel dat almal aan die koning onderdanig is.
9. Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.Ook hier kom dit tot niks.
10. As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.
11. Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
12. Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring.
13. Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die vader van 'n seun geword en dié kry dan niks nie.
14. Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie.
15. Ook dit is 'n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het, so gaan hy. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?
16. Hy slyt die res van sy lewe in die donker, in smart, ellende en bitterheid.
17. Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk.
18. God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.