Prediker 3:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie.

19. Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks.

20. Almal is op pad na dieselfde plek toe,almal is van stof en almal word weer stof.

Prediker 3