Numeri 33:54-56 Afrikaans 1983 (AFR83)

54. Verdeel die land deur loting volgens julle stamme. Gee meer grond aan 'n groter groep, en minder aan 'n kleiner groep. Elkeen kry sy deel waar die lot dit aanwys. Elke stam moet sy eie grond hê.

55. As julle nie al die inwoners van die land verdryf nie, sal dié van hulle wat oorbly, soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal teen julle oorlog maak oor die land waarin julle woon,

56. en dan sal Ek aan júlle doen wat Ek aan húlle wou doen!”

Numeri 33