Numeri 29:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

25. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

26. “Op die vyfde dag moet julle nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

27. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

28. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

29. “Op die sesde dag moet julle ag bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

30. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

Numeri 29